| Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder |
| Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke |
| 1> Die Koninkryk van die hemele :2> Die Koninkryk van die hemele sal op aarde wees :3> Koning YaHshua word ook genoem David :4> Koninkryk van hemele net vir Israel alleen :5> Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete :6> Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar :7> Koninkryk soos volksraad stelsel |
| Hoofstuk 26 Koninkryk soos volksraad stelsel |
|
KONINKRYK SOOS VOLKSRAAD STELSEL Die koninkryk van Yahshua kan met die volksraadstelsel van die meeste nasies vergelyk word: met die koning op die troon van Dawid en 'n gedeelte van sy volk naamlik dié wat "geroepe en uitverkore en getrou is saam met Hom." Openbaring 17:14. Een groot verskil is egter dat ons nou self ons volksraadslede kies. Maar wie en wat kies ons? Ons kies so dat in al die lande die linkses al hoe meer en meer in die volksrade kom. Dit word so bewerkstellig deur die linkse en goddelose wêreldheersers met al hulle geheime organisasies orals in posisies en tussen die volkere. Hulle word ingewerk in posisies waar hulle verkiesbaar gestel word as kandidate en die kiesers kies dan maar gewoonlik sonder die nodige kennis van al die slim planne en jakkalsstreke van die Illuminati-komplot en sonder om eers te weet wat die verskil en betekenis van regs en links is. Om nie eers te praat van die rol wat die media speel terwyl hulle ten volle onder die beheer en invloed is van die magte van die Bose wat heerskappy voer oor die wêreld. En so gaan die volk ten gronde as gevolg van 'n gebrek aan kennis. Die baälpriesters beweer dat God oor die wêreld regeer. Watter God is dit? Sekerlik nie Yahweh nie. Yahshua sê dan self in Openbaring 13:7 dat dit aan die bondgenoot van die duiwel, gegee is om te heers. So lees ons ook in Daniël 7:25 dat die duiwel regeer en in vers 26-27 sien ons dat sy heerskappy en koningskap hom ontneem word en aan die volk van Israel gegee word en al die heerskappye sal hulle gehoorsaam wees. Dan is dit tog mos duidelik dat Yahweh nie heers nie. Verder sien ons in Openbaring 13:2 dat die dier wat uit die see uit opkom (miskien ryk en beroemd word uit skeepvaart soos die koning van Tirus en die Rotchilds), kry al sy krag en mag en sy toorn van die draak van Openbaring 12 naamlik die duiwel. Hy is dus die bondgenoot van die duiwel; en hy is die een wat tans oor die wêreld heers. Lees verseker Openbaring 18:19 oor die ryk word uit skepe. Onder die heerskappy van Yahweh sal dit nie so wees nie. Die volk sal nie kies nie. Yahweh doen die uitverkiesing. Die uitverkore volk het egter nog altyd van Hom af weg gedwaal agter die nasies van die Bose aan. Dit sal ook nie weer gebeur nie, want Hy gaan die wet (wat die leraars sê wat nie meer bestaan nie) op die harte van die oorblyfsel van sy volk skryf en dan sal hulle nooit weer dwaal nie. So sal dit wees op die aarde in die Koninkryk van die hemele onder die persoonlike heerskappy van Yahshua saam met die getroue deel van sy volk. "Hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees". Daniël 7:27. Dit is vir die volk van Israel. En van Yahshua sê Hy: "En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; en sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie" Daniël 7:14. "... en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings .... en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde." Daniël 9:26-27. "... hy sal met geluk bedrog pleeg en hy sal groot dinge onderneem en die mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word". Daniël 8:25. Yahshua het ook gesê dat die son en die maan nie meer nodig sal wees nie want die heerlikheid van Yahweh het die stad verlig en die Lam is sy lamp: "En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel en die Konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin." Openbaring 21:23,24. "En die Here sal Koning oor hulle wees op die berg Sion(nie in die hemel nie) van nou af tot in ewigheid." Miga 4:7. Waar is die berg Sion? Baie beslis nie in die hemel nie! Maar Hy sal van die herders rekenskap vra van die volk van Israel naamlik sy skape. Wat gaan hulle aanbied? Die bokke? Sy herders en veral die profete was verantwoordelik vir die vernietiging van 'n groot deel van sy volk veral deur verbastering. Hoe gaan hulle rekenskap gee? Mens kan met sekerheid aanvaar dat die herders aangekla gaan word vir volksmoord: En Sagaria 13 sal toegepas word! Volgens die huidige wêreldomstandighede is daar 'n geweldige linkse tendens aan die gang. Die huidige wêreldheerskappy van die twee bondgenote van die Bose naamlik die valse profeet en die Antichris, wat ons duidelik identifiseer as die Katolieke en die Joodse geldmag, is die heersers wat verantwoordelik is vir die linkse tendens. Dit is hoe die hele wêreld verwonderd agter die rooidier van Openbaring 13:2 aangaan: Hulle is presies dieselfde as die ryk vrou en die rooidier van Openbaring 17. Dit beteken dus dat die hele wêreld deur die Bose verlei word en dat die hele wêreld dus sy volgelinge is. Hoe kan dit dan verwag word dat Yahweh die volgelinge van die duiwel moet liefhê? Hoe kan daar naasteliefde bestaan tussen die magte of leërskares van Israel en die magte van die Bose? Nou kan mos verstaan word wat dit beteken as Hy vir ons sê: "As die wêreld julle lief het dan het Ek julle nie lief nie". Dit is mos duidelik dan, dat Hy ook nie die wêreldnasies wat volgelinge van die Bose is kan liefhê nie. En die wêreldnasies bepaal die wêreldmening, waarvoor ons regering en ons kerke so 'n groot vrees en waardering en gehoorsaamheid het en hulself skuldig maak as die dienaars van die Bose en ook saam verwonderd agter die dier aangaan. Hierdie magte moet eers verslaan word deur Yahshua en die getroue deel van sy volk saam met Hom; en dan eers sal die vrede en die voorspoed begin. Na die slag van Armageddon sal die oorgang van die huidige wêreldheerskappye na die koninkryk van die hemele tydsaam geskied. Die wêreld sal verwoestings deurgaan soos nog nooit in die geskiedenis van dat 'n volk bestaan het nie. Daniël 12:1. Hierdie verwoeste stede en die wêreld sal dan herstel word soos Yahweh vir ons sê; en dit sal net so 'n stadige proses wees as wat dit nou en in die verlede ook maar geskied. Vanselfsprekend sal die mensdom ook onbeskryflik verarm en verneder wees. Uit die asse uit sal die wederoprigting van alle dinge dan deur mensehande plaasvind. Onder die omstandighede sal ons dan seker kwalik agterkom dat ons oorgaan van die wêreldryk na die hemelryk. Maar onder die uiters bekwame leiding van koning Dawid met sy verheerlikte Israeliete saam met Hom, kan net gedurig wonders verwag word en die suksesse en voorspoed wat daaruit sal kom, sal wonderbaarlik wees. So sal die hele wêreld dan geseënd wees in die nageslag van Abraham. Een van die belangrikste redes vir die seëninge van ons kant af is die suiwer houding van die volk van die koninkryk om suiwer Adamiete te bly en as gevolg daarvan die heerlikheid te behou wat Yahweh aan Adam gegee het om te kan heers. Die volk Israel sal dan nie meer oorbelas word om aan die derde wêreld gevoer te word nie: Hulle sal die vrug van hulle arbeid self eet. Hulle sal dus nog moet werk, maar met ongekende voorspoed en seëninge vir Jerusalem; die heerskappy van Israel: "Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van Yahweh gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou (Israel) sal Yahweh opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. (Seker maar soos die donker nasies nou ook opsien na die Weste; net baie meer) ... Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor (onder andere ook die skeepvaart), die skatte van die nasies kom na jou toe aan". Jesaja 60:1-5. Lees die hele hoofstuk. "En die heiliges van die Allerhoogste sal die Koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid". Daniël 7:18. Wie verkies om liewer op aanbeveling van die valse leraars agter vreemde vlees aan te loop en die heerlikheid van die koninkryk te verag en nie deel te hê aan die vreugde van die volk van Israel nie? Die 144,000 verseëldes kan moontlik die ministerie of so iets van die koninkryk wees. Soos byvoorbeeld in 'n bekende tipe van 'n volksraad: Twaalf duisend verteenwoordigers vir elke stam. As dit reg is sal hulle dan die enigste wees wat binne die raad van heersers sal wees net soos die funksie van 'n volksraad. Ons sal maar moet wag om te sien wat werklik gaan gebeur; intussen raai ons almal maar net. Maar dit sal baie oorloë en 'n bitter stryd en benoudheid kos om by die koninkryk van die hemele uit te kom. Die magte van die duisternis, dit is die hele wêreld wat agter die rooidier aangaan moet eers verslaan word. Dit is waar wat Lukas geskryf het: "Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan." Handelinge 14:22. Gelukkig vir ons, is die meeste darem al agter die rug gedurende die 2000 jaar, maar die ergste deel lê in ons onmiddellike toekoms. Dit is wat die Israel-beweging in die verlede, die hede en die toekoms is. Dit is beslis nie 'n kerk nie. Hulle is Yahshua se leërskare, sy onverdienstelike dienaars, sy oorlogswapens en sy hamer teen sy vyande, sy afgesonderdes in sy diens dit wil sê heiliges, sy koninkryk van priesters en sy mede heersers in sy koninkryk. Van Abraham af tot in alle ewigheid en Hy het dit met 'n eed gewaarborg. As Koning Yahshua saam met sy volk eers regeer sal dit die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld wees dat daar werklik vrede en voorspoed sal wees - vir ewig. As die volk die verheerlikte liggaam kry en die aarde vol word van kennis; is dit nie dalk deel van die loon wat hulle vir hulle werke sal kry nie? Yahshua sê: "En kyk, Ek kom gou en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees". Openbaring 22:12. Nou is een van die eienaardighede van die Bybeltaal dat die "sal" die verlede of die toekoms kan beteken. Met ander woorde in Openbaring 22:12 kan die tyd dalk twee betekenisse hê. Dit kan vergelding vir die werke wees wat vooraf gedoen is, en dit kan ook die werke wees wat ná die wederkoms sal volg; of albei. Die werke wat egter daarop moet volg sal egter van die grootste belang wees, want dit sal nodig wees vir 'n ongelooflike super-heerskappy en baie meer verstand as gevolg van 'n verheerlikte liggaam en die wonderlike poste waarin die volk aangestel gaan word; kan alles deel uitmaak van die loon waarmee hulle vergeld gaan word. Dit is die doel van die Israeliete en hulle veelvuldige werke waarvoor hulle hulself moet voorberei om vir hulle Koning te doen maar wat terselfdertyd ook hulle eie koninkryk sal wees waarvan hulle erfgename sal word en gevolglik dus mede eienaars saam met die Koning en die Vader. 'n Kerk is dus beslis nie die belangrikste roeping van die Israeliete nie, maar eerder baie groter heerlikheid, wysheid en 'n aandeel as erfgename in die Koninkryk van die hemelse Vader.
|
| Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
